Coffee
Coffee
Coffee
TEE SE MOER

BOERETROOS, die koffie wat jou wakker sal kry voor die haan kraai, die een wat jy drink voor jy die koeie begin melk, wat jou gereed maak om reg te korrel as die Kakies jou grond wil vat… of sommer net jou dag begin by die werk.
Hierdie unieke vermengsel van 3 bone is vir die wat 100% Onbeskaamd Boer is, ge-inspireer deur die pioniers van Suid Afrika, om jou dag te begin met die lekker smaak van BOERETROOS koffie.
Nou In Australië & Suid Afrika
Bekendes Drink Boeretroos

“Ik ontdekte Boeretroos met Mijn aankomst te Kaap De Goede Hoop en ik vond de smaak lekker.
Ik was zo beindruk dat ik meteens franchise in Stelenbosch gestig het.
Boeretroos was zo populair dat ik terstonds verpreiders mit wagen naar binneland versenden, geladen met egt Boeretroos.
Nou liefd den hele Volk Boeretroos en in tydelike opname heft Boeretroos nummer één ge rank voor zijn goede smaak.”
Jan van Riebeeck
“Ek was een nag as jongeling uit op ‘n leeu jag met ‘n paar ouer manne. Rondop sononder het ek ter perd vooruit gegaan om kamp plek te soek vir die nag.
Toe ek dig rondom ‘n paar mopanie bome ry het ek heeltemal rigting bedinges geraak.
Dis waar ek die nag toe aleen as tiener slegs met my roer, my mes, my perd en Boeretroos in leeu wereld moes deurbring.
Die leeus het gebrul, die hienas het gehuil, maar ek en my Boertroos was bang vir niks.
Ek beveel Boertroos ten sterkste aan vir enige iemand aleen in Leeu wereld, dit gee jou moed.”
Paul Kruger



BESKIKBAAR IN MEDIUM & DONKER GEROOSTER

WAT DIE MENSE Sê

DIE BOON
Direk vanaf die boon na die rooster aan jou!
Die smaaklike drie-boon-vermengde BOERETROOS gaan jou laat terugkom vir nog ‘n koppie, telkemale, elke dag.
Ons bring jou Suid Afrika in ‘n beker, perfek vir om die vuur, deel met vriende & familie, koue winters aande of sommer net by die werk. Spesiaal gekies en vervolmaak deur ons Koffie Meester vir die perfekte smaak en geurige aroma, ons geheime drie bone resep vir die heerlikste koffie ervaring, jy sal terugkom vir meer.
Die natuurlik-geprosesseerde bone gee ‘n soetheid aan die mengsel met ‘n vrugte suur en donker sjokolade ondertone vir ‘n baie heerlike smaak.
‘n Ongelooflike koffie wat heerlike espresso gebasseerde koffies maak. Perfek vir mense wat verslaaf is aan koffie, iets meer soek as kits koffie en wat Onbeskaamd Boer is!




DIE ROOSTER
Liefdevol gerooster deur ons Meester Rooster in ons moderne rooster fasiliteite, met outydse vakmanskap, bring ons jou die beste in vars, kwaliteit koffie.
Die heerlike smaak van BOERETROOS word sommer direk in ons unieke drie-bone-vermengsel in gerooster. Jy kry een van die lekkerste koffies ooit in medium of donker gerooster, jou keuse! Gelewer direk aan jou in ons gerieflike, higiëniese koffiesak met klep om die vars smaak in te hou.
Beskikbaar in heel bone (sodat jy self kan maal) of vars gemaal vir jou. Jy gaan terugkom vir nog!