Bakgat Geskenk Doos

R445.00

Jy spaar geld deur ‘n geskenkkas kombinasie te koop!

Jan Rof se Bakgat Doos kombinasie bestaan uit:

Lasergesnyde houtkassie, gegrafeer – standaard ingesluit
1 x 250g sak van Jan Rof se Boeretroos (Kies medium of Donker gerooster, bone of gemaal)
2 x Bakgat bekers (kies kleure en pittige sêgoed)

Bakgat bekers is uiters hoë kwaliteit emaljebekers met uitstekende goeie afwerking.

Die koffie word vars gerooster wanneer dit bestel word. Die maljebekers en geskenkkassie is van hoogstaande gehalte, en die bekers word met ‘n lasermasjien gegrafeer so dit gaan nie afwas nie.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Jan Rof se geskenkkassie werk uitstekend om mense vir wie jy omgee gelukkig te maak. Dit kan ook gebruik word om goed in te bêre as jy wil. Visvangoed, braaigoed, tv afstandbeheerders, speserye en dies meer. En nog Boeretroos – Jan noem dit maar net.

Moet net nie tee daarin bêre nie. Nee magtag man.

Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster per bestelling.

Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.
Jan Rof se Boeretroos is nie kitskoffie nie, dis moer koffie.
En moer lekker koffie boonop.

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling. Koffie word binne 48 tot 72 uur na bestelling gerooster, die bykomende produkte mag die aflewering verleng.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

 

Clear
SKU: N/A Category: