Boeretroos Emalje Kampketel – Rooi

    R450.00

    Hoe rooier hoe mooier.

    Dit beskryf hierdie absoluut pragtige emalje kampketel uitstekend.

    Die kwaliteit is eenvoudig fantasties. Die afwerking laat jou dadelik besef hierdie is nie sommer enige produk nie. Die kleur laat jou nuwe ketel uitstaan in enige geselskap, en die keuses uit Jan Rof se pittige sêgoed wat daarop gegrafeer word gaan dadelik almal se aandag trek. En laggende mense drink meer koffie.

    Maak dus seker om tog maar ‘n paar pakke van Jan Rof  se Boeretroos saam te neem om die koffie ervaring selfs beter te maak. Dit word gerooster wanneer jy bestel so dit is altyd supervars.

    GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

    DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

    MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

    Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

    Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling.
    Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.
    Grafeerwerk word met laser gedoen. Dit was dus nie af nie.

    Clear
    SKU: N/A Category: