Boeretroos Snuffeldoos

R330.00

Boeretroos Snuffeldoos is opgemaak uit:

1 x Boeretroos geskenk kassie (Hout, met laser gesny en gegrafeer)
1 x Jan Rof se Boeretroos koffie (250g pak, medium- of donker gerooster, bone of gemaal)
2 x Boeretroos blikbekers

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Jan Rof se geskenkkassie werk uitstekend om mense vir wie jy omgee gelukkig te maak. Dit kan ook gebruik word om goed in te bêre as jy wil. Visvangoed, braaigoed, tv afstandbeheerders, speserye en dies meer. En nog Boeretroos – Jan noem dit maar net.

Moet net nie tee daarin bêre nie. Nee magtag man.

Jan Rof se Boeretroos word vars gerooster per bestelling.
Jan Rof se Boeretroos is nie kitskoffie nie, dis moer koffie.
En moer lekker koffie boonop.

Nota – As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling. Koffie word binne 48 tot 72 uur na bestelling gerooster, die bykomende produkte mag die aflewering verleng.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: BT-SNUF Category: