Boeretroos Warm Sjokolade Geskenkkassie

R320.00

Hierdie Warm Sjokolade Geskenkkassie bestaan uit:

1 x Boeretroos geskenk kassie (Hout, met laser gesny en gegrafeer)
1 x Jan Rof se Boeretroos warm sjokolade (500g pak)
2 x Boeretroos blikbekers

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Jan Rof se geskenkkassie werk uitstekend om mense vir wie jy omgee gelukkig te maak. Dit kan ook gebruik word om goed in te bêre as jy wil. Visvangoed, braaigoed, tv afstandbeheerders, speserye en dies meer. En nog Boeretroos – Jan noem dit maar net.

Moet net nie tee daarin bêre nie. Nee magtag man.

Jan Rof se warm sjokolade is so lekker dat jy dit gaan moet wegsteek om te keer dat ander mense dit opdink agter jou rug.

Nota – As jy verkies om die bekers meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Gun asseblief +- 7 werksdae na bestelling.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: N/A Category: