Jan Rof Dames T-Hemde

R240.00

Jan Rof Dames T-Hemp

Hier is 4 opsies soos met die mans t-hemde – sien fotos in gallery:

1. Boeretroos logo voor – niks agterop nie
2. Boeretroos logo voor met Moerse Lekker Koffie onder die logo in kleiner letters – niks agterop nie
3. Boeretroos logo voor met een van Jan Rof se pittige gesegdes agter op die rug
4. Boeretroos logo voor, logo op mou regs, Moerse Lekker Koffie en die Facebook adres op mou links

Al hierdie opsies is in die “dropdown menu” ondertoe. Sien die ooreenstemmende nommer (1 tot 4) agter elke item – dis die opsies soos bo uitgestip.

Kleure beskikbaar – Warm Pienk, Swart, Middernagblou, Vlamrooi – drukwerk in wit – sien foto’s in produk gallery
Groottes – Xtra Klein tot 2XL

NB – KLIK DEUR NA DIE GROOTTE KAART TOE EN MAAK DOODSEKER OM DIE KORREKTE GROOTTE HEMP TE KIES:

Realiteit is dat feitlik elke beskikbare maak hemp in SA se groottes verskil van mekaar. As jy aanlyn koop is dit dus baie belangrik om die groottekaart te besigtig en te vergelyk met een van jou bestaande t-hemde om sodoende seker te maak die grootte wat jy kies stem ooreen in terme van lengte en wydte. Dit is die beste manier om daardie paar minute ekstra te neem en moontlike teleurstelling te voorkom.

  • Die t-hemde wat deur Jan Rof verkoop word, word in Suid Afrika vervaardig.
  • Jan Rof verkoop slegs die sogenaamde swaardiens (heavy duty) t-hemde van 180gm. Die kwaliteit is dus uitstaande
  • Die t-hemde is 100% gekartelde katoen met die ronde nek (crew neck) – Mans
  • Dames snit t-hemde is 100% katoen met die ovaalvormige (scoop) nek
  • Sien die groottekaart om doodseker te maak van die korrekte groottes
  • Was instruksies – volg instruksies op hemp se etiket en moenie oor die drukwerk stryk nie

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling

Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: N/A Category: