Jan Rof se Bakgat Emalje Bekers

R140.00

Daar kom ‘n punt in die ewolusie van die blikbeker wat die woord blikbeker eenvoudig nie meer korrek gebruik kan word vir ‘n stylvolle, uiters duursame produk soos hierdie bekers nie.

Dis ‘n emaljebeker, en dis nie hare kloof nie. As jy met een van die in een hand staan en jou meer tipiese blikbeker soos die wat Jan Rof vir R60 verkoop, sal jy onmiddellik hierdie verskil eerstehands ervaar. Hierdie bekers is nie net dubbel die gewig nie, die afwerking is ook fenominaal. Dis kwaliteit deur en deur.

Beskikbare kleure in die dropdown menu onder – ons poog om hierdie so getrou moontlik by te hou maar is afhanklik van die fabriek wat gereeld op zero kennisgewing laat weet.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Jan Rof se Bakgat reeks blikbekers is wel, bakgat. Sommer baie bakgat. Dis koeler as die onderkant van ‘n ysbeer se voete. Koffie, warm sjokolade, melkies, brannas, rum, dooswyn, Oros, water – jy kan nou vir die eerste keer al die goed uit een beker drink en nooit ophou koel lyk nie. Net nie tee nie – as jy more-oggend jou gunsteling beker uit die kas uit haal het die kleur vervaag tot so ‘n swak rooibosserige sonsondergang kleur wat jou oë sal beskadig. Drink koffie, dis net die regte ding om te doen.

Moet nou nie weer vir iemand wat na aan jou hart lê, jyself ingesluit, dasse of sokkies of bont onderbroeke gee nie. Gee vir hulle bont bekers. Dis ‘n bakgat geskenk en verbeter jou kanse om geld te erf.

As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Elke beker weeg tussen 170 en 180 gram. Vergelyk dit met die 85 gram vir die standaard blikbeker en 125 gram vir die Langgat blikbeker. Die emaljeverf is van hoogstaande gehalte, en elke beker kom alreeds by ons uit in sy eie verpakking.

Hoogte – 7cm
Radius – 8cm
Gewig – +-180 gram
Prys – R140 gegrafeer

Afleweringstye kan beïnvloed word deur beskikbaarheid van kleurbekers vanaf die verskaffers. Ons poog sover moontlik om seker te maak van beskikbaarheid maar het nie beheer oor die verkope by die verskaffer nie. Gun +-7 werksdae vir bekers om gegrafeer te word, verpak en dan versend te word, alhoewel ons uiteraard druk om dit vinniger te probeer doen.

Dit mag ook gebeur dat van die kleure by tye nie beskikbaar is nie – ons poog sover moontlik om aan te dui indien die verskaffers ons vooraf dienooreenkomstig inlig, wat nie altyd gebeur nie.

Die grafering word met lasermasjiene gedoen so dit was nie af nie. Op van die bekers vertoon dit swart en op ander weer ‘n ligter of donkerder grys.

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: N/A Category: