Jan Rof se Boepens Emaljebekers

R185.00

Die blikbeker soos ons hom in die volksmond ken is mos maar op sy eie iets wat Suid Afrikaners ken en lief. Dis deel van ons soos melktert en koeksisters. En goeie koffie.

Op ‘n stadium het blikbekers, soos alles mos maar, hulle eie ewolusie begin. Dit het beteken dat die blikbeker verander het in tipies die kwaliteit beker wat Jan Rof verkoop as die Bakgat beker, wat ‘n emaljebeker is want dit raak vrek moeilik om te dink dis blikbekers daardie. DIe kwaliteit is net eenvoudig so fantasties.

Maar toe gaan hule ‘n stap verder en skep hierdie bekers – die Boepensbeker.

Hier gaan jy stry dat dit onder geen omstandighede hulle lewe begin het as blikbekers nie. As jy ‘n Boepensbeker in jou hand vat val jou mond so wyd oop dat toeskouers waarskynlik tot in jou mangels kan sien. Dis geen grap nie – die een ding wat elke liewe koper van hierdie bekers nog mee teruggekom het is dat hulle amper absurd verlief is op die kwaliteit van die produk. Dit is, om die heel minste te sê, uitstaande. Hy is selfs swaarder as die Bakgat bekers, soveel emalje en lae verf word gebruik om te verseker die eindproduk is in ‘n klas van sy eie.

Ontmoet die Boepens Emaljebeker.

Beskikbare kleure in die dropdown menu onder – ons poog om hierdie so getrou moontlik by te hou maar is afhanklik van die fabriek wat gereeld op zero kennisgewing laat weet.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Jan Rof se Boepens reeks blikbekers is ernstige bekers, al is hulle in ‘n vrolike reeks kleure beskikbaar. Dis ‘n baie duursame geskenk aan iemand spesiaal, of jouself.

As jy verkies om dit meer persoonlik te maak en jou of die ontvanger se naam daarop wil laat grafeer, altyd saam met die Boeretroos logo, stuur vir ons ‘n vonkpos na sales@cdsbrands.com toe, verwys na jou aanlyn bestelnommer, en gee die korrekte spelling deur sodat ons dit korrek kan laat opgrafeer.

Elke beker weeg tussen 170 en 180 gram. Vergelyk dit met die 85 gram vir die standaard blikbeker en 125 gram vir die Langgat blikbeker. Die emaljeverf is van hoogstaande gehalte, en elke beker kom alreeds by ons uit in sy eie verpakking.

Hoogte – 7cm
Radius – 8cm
Gewig – +-180 gram
Prys – R185 gegrafeer

Afleweringstye kan beïnvloed word deur beskikbaarheid van kleurbekers vanaf die verskaffers. Ons poog sover moontlik om seker te maak van beskikbaarheid maar het nie beheer oor die verkope by die verskaffer nie. Gun +-7 werksdae vir bekers om gegrafeer te word, verpak en dan versend te word, alhoewel ons uiteraard druk om dit vinniger te probeer doen.

Dit mag ook gebeur dat van die kleure by tye nie beskikbaar is nie – ons poog sover moontlik om aan te dui indien die verskaffers ons vooraf dienooreenkomstig inlig, wat nie altyd gebeur nie.

Die grafering word met lasermasjiene gedoen so dit was nie af nie. Op van die bekers vertoon dit swart en op ander weer ‘n ligter of donkerder grys.

Gun asseblief +-7 werksdae na bestelling.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

Clear
SKU: MUG-BT-BOEP Category: