Jan Rof se Dekselse Boepensbeker

R190.00

Jan Rof se Boepens emaljebekers is reeds welbekend en ‘n groot gunsteling onder ons kliënte. Nou kry hy net sy dekseltjie by – want ons kan.

Dit lyk so mooi. Want dit is! En heeltemal uniek ook nog. Maar dit hou ook voordele in:

  • hou vlieë uit jou Boeretroos uit
  • keer dat iemand sy beskuit in jou koffie doop
  • hou teesakkies uit
  • hou jou koffie langer warm. Of nie maar jy moet dit so by so vinnig drink sodat jy meer koffie inkry
  • keer dat spioenasie satelliete jou drinkgoed afneem
  • lyk net moerse mooi
  • gee jou hoop om ook ‘n deksel te kry, boepens en al
  • dien ook as ‘n bakgat sopbekertjie

Om dit op te som, dis eenvoudig die beste.

HET JY GEWEET – Jan Rof se supervarsgeroosterde Boeretroos proe selfs beter uit hierdie bekers uit! Vat gerus bietjie koffie saam en probeer dit.

Kies uit die reeks beskikbare pittige sêgoed of maak hom meer persoonlik met jou naam.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

DIS DIE KORREKTE VERWYSING. DAARSONDER RAAK DIT BITTER MOEILIK TOT ONMOONTLIK OM BETALINGS KORREK TE ALLOKEER.

MOET ASSEBLIEF NIE DIE LETTERS CABLZAJJ GEBRUIK NIE!

Gun 5 tot 7 werksdae na bestelling en betaling. Ons poog altyd om bestellings so absoluut vinnig as moontlik uit te kry.

Clear
SKU: N/A Category: