Jan Rof se Snybord

R290.00

Jan Rof se Snybord

  • 460mm x 260mm x 20mm
  • Dis opregte hout – die bord se ma en pa was ook Saligna hout. Geen plastiek is gebruik in hierdie proses nie.
  • Saligna hout – botaniese naam Eucalyptus Saligna. Oorspronklik van Australië. Jan kan bevestig dat die bome darem nie oorgeswem het diekant toe nie. Dis waarskynlik een of ander voor op die wa seevaarder wat dit diekant toe gebring het. Ook maar goed, kyk net wat se pragtige snyborde maak dit. Saligna is relatief maklik om te masjieneer, bekostigbaar en word baie algemeen gebruik vir items soos toonbanke, skoolbanke, deure, deurrame en ‘n verskeidenheid houtmeubels vir binne sowel as buite gebruik. Met ander woorde, hy is duursaam genoeg om lank te kan hou.
  • Hierdie snybord is uitstekend om jou braaivleis op te sny, of daai skaapboud, of kool as jy moet. Jy kan hom ook vol kaas en beskuitjies pak as die dominee kom kuier, of die bord in die sitkamervenster laat staan sodat die bure ook kan sien hoe mooi is hy. Jy kan hom lekker vol billies en droëwors en chips pak vir die rugby en hy werk ook goed om jou gesig toe te maak as die rugby jou moerig maak sodat jy nie hoef te sien hoe die balbesit alweer weggeskop word nie.
  • In uiterste gevalle kan jy hom gebruik om jou naam met ‘n plank te slaan. Maar ‘n besonderse mooi plank.
  • Elke bord word gebrand met Jan Rof se logo sodat almal kan sien jy het goeie smaak.
  • Voel vry om vir Jan te nooi as jy braai en jy wil bietjie spog met jou nuwe bord. Of stuur vir my fotos dat ek namens jou daarmee kan spog.

GEBRUIK ASSEBLIEF DIE BESTELNOMMER (ORDER NR) AS VERWYSING VIR BANK OORBETALINGS. DIE SISTEEM SAL ‘N E-POS STUUR WAT ‘N BESTELNOMMER BEVAT. DIE NOMMER SAL ALTYD WEES #12345 (HASHTAG EN 5 NOMMERS).

Gun asseblief +-7 werksdae vir afhandeling van bestellings na betaling ontvang is.
Jan Rof produkte word gelewer na ontvangs van betaling.

100 in stock